Skets

Jesus en die Egbreekster. 'n Figuurskets saamgestel deur Rembrandt
Houtskoolskets van wilgerbome deur Thomas Gainsborough

'n Skets (afgelei van die Griekse σχέδιος – schedios, "onvoorbereid gedoen"[1]) is 'n vinnige vryhandtekening wat gewoonlik nie bedoel is as 'n voltooide werk nie.[2] 'n Skets kan vir verskeie redes gemaak word: dit kan iets weerspieël wat die kunstenaar gesien het of 'n idee vir 'n volgende kunswerk, of dit kan ook 'n vinnige manier wees hoe om op 'n grafiese manier 'n idee te demonstreer.

Sketse kan gemaak word in enige tekenmedium. Die term word dikwels gebruik wanneer daar met 'n droë medium gewerk word soos, silwer, grafiet, potlood, houtskool of pastel. Dit is ook van toepassing op sketse wat met pen, ink, digitale pen, balpuntpen, waterverf of olieverf gemaak word. Die laasgenoemde twee verwys na waterverfsketse of olieverfsketse. 'n Beeldhouer mag dalk weer drie-dimensionele sketse in klei of was maak.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named etymonline
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Harrap

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search